SIENER VAN RENSBURG
Profeet of waarsĂȘer?
WAT IS DIE WAARHEID?

deur F.H. Pretorius

DAAR WORD BAIE STORIES VERSPREI





maar


MOENIE SO MAKLIK GLO WAT U HOOR NIE!






  Vir die eerste keer ooit 'n objektiewe en feitelike wetenskaplike
ontleding van die versteekte verhaal in die visioene.










Moenie summier verwerp sonder behoorlike ondersoek nie!




Lees wat hy REGTIG gesê het.
Lees wat die visioene sélf vir ons wil sê
  • Ons kan nie individuele visioene in isolasie probeer "uitlê" sonder om dit ook skeef te trek nie! Siener het 'n verhaal vertel, en hierdie boek ontsluit daardie verhaal op 'n gebalanseerde wyse. Die waarheid lyk heeltemal anders as die skrikwekkende bangmaak-stories wat u tot dusver gehoor het.
  • Die oplossing waarna ons soek is verootmoediging, maar dan op 'n baie bepaalde manier wat niks met "leiers" se persoonlike ambisies te doen het nie.

 

Die boek bevat:
  1. 'n Volledige beskrywing van die werksmetode wat gevolg word sodat u die ontleding kan kontroleer as u so wil. Die ander "uitleggers" probeer nie eers om dit so te doen nie; hulle kan nie, want hulle gee maar net hul eieskeefgetrekte en vooropgesette politieke menings.
  2. 'n Wetenskaplike ontleding van die tegniese voorkomste in die aangetekende visioene. Dit verduidelik hoekom dit onmoontlik is om die visoene bloot op sigwaarde te kan verstaan, maar ook hoekom dit so wyd oop is vir subjektiewe vertolking.
  3. 'n Opsomming van die algemene verhaal in die visioene:
    30% speel in Europa af en 70% in Suider-Afrika.
  4. Die volledige stel aangetekende visioene waarop die ontleding gebaseer is.
  5. Die ontleding berus op 'n gerekenariseerde woordelys van 36,000 reëls. Die inligting wat vir die samestelling hiervan gebruik is kom slegs uit die visoene self uit. Daar is geen ander buite-inligting hiervoor gebruik nie, en afgeleide en/of subjektiewe hoor-sê inligting kan dus geen rol in die analise speel nie.